Benodighede

  • U kleuter het die volgende nodig:

  • ‘n Kosblik wat maklik deur u kleuter oop en toe gemaak kan word.

  • ‘n Waterbottel

  • Wet wipes

  • 1-2 Ekstra skoon maskers in ‘n zip lock sakkie (wat in die klas bly)

  • ‘n Ekstra stelletjie klere

  • LET WEL:  Geen tasse – u kleuter ontvang ‘n sak wat asseblief gebruik moet word.

  • Skryfbehoeftes word deur die skool verskaf.

  • Sonroom indien moontlik

Algemeen

Speelgoed

  • Geen speelgoed mag saamgebring word nie.

  • Speelgoed raak weg, breek en veroorsaak onenigheid.

  • Indien van die skool se speelgoed by die huis aankom, stuur dit asseblief terug.

Ado koor

 

Menlo-maters spog met hul eie graad O koor. Al die kleuters is welkom om deel te wees van  die  koor. Die koor word professioneel afgerig en neem saam met die Junior- en Seniorkore  van  die  laerskool deel.

Verversingstyd

  • Gebruik asseblief hierdie geleentheid om gesonde eetgewoontes by u kleuter te vestig.

  • ‘n Ongesonde kosblik en te veel suiker lei tot verhoogde suiker- en energievlakke en vermindering in konsentrasie.