1.atletiek - Uihouvermoe.jpg

Atletiek

Laerskool Menlopark neem die eerste en vierdie kwartaal deel aan atletiek. Die vierde kwartaal dien as voorseisoen om al ons atlete gereed te kry om nuwe hoogtes te bereik. Leerders van Graad 1 tot Graad 7 kan deelneem aan tydens huissport aan die onderskeie items. Daarvolgens word 'n span bepaal wat dan aan die seisoen se byeenkomste gaan deelneem. Die volgende items word aangebied: naellope (o/7 - o/13), middel- en langagstande (o/9 - o/13), hekkies (o/10 - o/13), verspring (o/10 - o/13), hoogspring (o/10 - o/13), diskus (o/12 - o/13) en spiesgooi (o/12 - o/13). Daar word jaarliks n Menlolimpics aangebied waar ons n bietjie pret met die tradisionele items meng.