Bokkie opvoedkundige naskool

Bokkie Logo.png

Ons is 'n opvoedkundige naskoolsentrum reg oorkant Laerskool Menlopark. Ons bied ‘n veilige omgewing waar u kind huiswerk onder toesig en met hulpverlening kan voltooi. Saam met die harde werk is daar ook tyd vir hope pret en plesier.

 

Ons verskaf elke middag 'n gebalansseerde middagete voordat die jongspan die akademiese sessie aanpak. Teen 15:45 ontvang leerders 'n versnapering om die laatmiddag hongerpyne te stil.

 

Indien leerders aan buitemuurse aktiwiteite deelneem, koördineer ons die aktiwiteite en maak ons seker dat die leerders veilig by hulle aktiwiteite uitkom.

 

Ure:

13:30 - 17:30

 

Fooie:

Bokkie Junior (Gr.R): R1700 per maand.

Bokkie Naskool (Gr.1 -7): R1920 per maand.

 

Kontakbesonderhede:

Carla Lecuona (Hoof): 060 963 0576

Eposadres: hoof@bokkienaskool.co.za

 

Adres: 

410 Anderson Straat

Menlo Park

Pretoria