IMG_9880_edited.jpg

Hokkie

Laerskool Menlopark bied die geleentheid vir al ons leerlinge om hokkie te speel. Mini-hokkie word aangebied vanaf Gr. 1 en ligaspanne neem deel van Gr. 4 tot 7. Beide seuns en dogters kan hokkie speel.
Ligawedstryde vind plaas in die derde kwartaal, maar oefenwedstryde word reeds in die tweede kwartaal gespeel.

Oefentye en ligabepalings word beskikbaar gestel voor die hokkieseisoen begin.