Klerasie
-
Klere, skoene en kosblikke moet asseblief duidelik gemerk word.
-
Alle Menlo-klere moet ook asseblief baie duidelik gemerk wees. Menlo Graad 0 hempie met ‘n denimbroek word slegs op Vrydae asook in- en uitstappiedae gedra.
-
Trek gerus vir u kleuter ou klere aan, aangesien morsaktiwiteite belangrik is vir u kleuter se ontwikkeling.
-
Kleuters word aangemoedig om kaalvoet te loop.
-
Platvormskoene en hoëhakskoene word nie toegelaat nie, dit is baie onprakties en beperk die kleuter se bewegings moontlikhede.
-
Moedig u kleuter aan om altyd besittings in eie, persoonlike laai te bêre.