Parkieland_edited.png

Kommunikasie

  • Stel asseblief die klasonderwyseres in kennis van saamry-, afhaal- en sosiale-aktiwiteite van u kleuter.

  • Naskoolouers moet van die boek voor die Admin kantoor gebruik maak sodat Nasorgpersoneel hulleself kan vergewis indien iemand anders u kind kom afhaal. Tydens Covid moet u die Naskoolonderwyseres per WhatsApp in kennis stel asseblief.

  • Nuusbriewe: U sal elke Woensdag ‘n elektroniese nuusbrief ontvang.

PROBLEME:

  • Ons sal alle probleme rakende u kind vertroulik en sensitief hanteer.

  • Hou ons asseblief op hoogte van huislike en emosionele probleme.

  • Bespreek probleme so gou moontlik met die klasonderwyseres en indien nodig met die hoof.

  • Ons behou die reg voor om u te versoek dat u kleuter gehaal moet word indien hy/sy:

    • die klas ontstig,

    • ander kleuters afknou of

    • nie ‘n skoon stel klere het as daar ‘n “ongelukkie” gebeur nie of

    • siek of koorsig is.

  • U is welkom om te kom gesels, maak asseblief net vooraf ‘n afspraak, aangesien die Hoof ook ‘n klas behartig.