KOmmunikasie
Nuusbriewe:
-
Nuusbriewe word elke Woensdag via die nuusbrief koevert uitgestuur. Voltooi asseblief die skeurstrokie om ontvangs daarvan te erken.
Geldkoeverte:
-
Let asseblief daarop dat ons “cashless” is en dat enige betalings deur middel van ‘n EFT (met die korrekte verwysing) of “D6 cashless app” gemaak kan word.
Probleme:
-
Ons sal alle probleme rakende u kind vertroulik en sensitief hanteer.
-
Hou ons asseblief op hoogte van huislike en emosionele probleme.
-
Bespreek probleme so gou moontlik met die klasonderwyseres en indien nodig met die Graad-0 bestuurder.
-
Ons behou die reg voor om u te versoek dat u kleuter gehaal moet word indien hy/sy:
-
die klas ontstig
-
enige vorm van wangedrag toon.
-
U is welkom om te kom gesels, maak asseblief net vooraf ‘n afspraak.