9Z0A1383_edited.jpg

Krieket

Krieket word aangebied vir alle ouderdomme. Die krieket word deur Mnr. Seymore van die krieketakademie bestuur.

Individuele afrigting

Individuele afrigting word deur die Krieket akademie behartig deur André Seymore (vlak 3 afriger, ex Titans, Lions en Easterns speler). Individuele afrigting is vir ouderdom 7 jaar tot 13 jaar (Gr.1 – Gr.7) en word reg deur die jaar, kwartaal 1 tot kwartaal 4 aangebied.
Ons bied ook afrigting vir Gr. R – Gr. 3 leerlinge in groepsverband 1 keer per week. Daar is Bev-Cricket wedstryde wat Woensdae gespeel word in kwartaal 1, 3 en 4.
Die afrigters wat by die akademie betrokke is, is almal gekwalifiseerde afrigters.