kunsuitstalling

9Z0A0302.JPG

Dit is ‘n aktiwiteit wat jaarliks in die vierde kwartaal plaasvind – gewoonlik in Oktober. Hierdie kunsuitstalling skep ‘n platform, wat aan leerlinge die geleentheid bied om kunswerk in Beeldende Kunste en Visuele Kunste aan te bied. Van graad 1 tot 7 bied hul spogwerk met groot entoesiasme aan.

Die proses is as volg:

  1. Die klasonderwyser vanaf gr. 1 – 3 identifiseer die werk van talentvolle leerlinge.

  2. Vanaf graad 4 – 7 beoordeel die vakonderwyser die kunswerke.

Tydens die finale beoordeling maak ons ook gebruik van ‘n bekwame beoordelaar van buite, wat die finale beoordeling per graad behartig. Die beoordelaar se beslissing is finaal. Die wenners per graad word tydens hierdie geleentheid aangewys.

Hierdie kunsuitstalling is voorwaar een van die spoggeleenthede van Laerskool Menlopark.