Lekkerbly naskool

lekkerbly naskool.jpg

Lekkerbly Naskool is op die skoolterrein sentraal geleë, tussen die twee sportvelde, tennisbanne en krieketnette. Hier speel ons lekker, want daar is baie plek vir hardloop, balskop en maatjies maak.

 

Leerders ontvang kindervriendelike middagetes en word daagliks in graadverband deur ons opgeleide personeel bygestaan tydens huiswerksessies. Ons personeel is gekwalifiseerde onderwysers, of studeer onderwys.  

 

Ons Graad 1 personeel werk hand-aan-hand saam met die

Graad 1 onderwysers, om sodoende seker te maak u kind kry al die nodige aandag tydens hul nuwe ‘grootskool’ avontuur. Ons het ‘n addisionele opsie beskikbaar vir ouers wat wil hê hulle kinders moet ekstra hulp kry met huiswerk en veral tydens toetse en eksamens.

 

Ons is vakansies oop en sluit die laaste Vrydag voor die 16de Desember, dit gee vir ons werkende ouers die gemoedsrus dat daar tydens vakansies ook vir hulle kinders voorsiening gemaak word. Ouers wat wisselvallige skedules het, is ook welkom om van

 

Fooie

Opsie 1: R1250 per kind vir 11 maande vanaf 1 Jan tot 1 Nov 2021.

Opsie 2: R1600 per kind vir 11 maande en sluit ekstra opvoedkundige hulp in.

Die naskoolfooie is vooruit, voor of op die 7de van elke maand, betaalbaar.

Kontak

Irma Pauw

065 567 4138 / 083 302 1581