algemeen
FOTOGRAFIE
-
Daar word deurentyd foto’s van die kinders geneem soos hulle aan verskillende aktiwiteite deelneem. Die foto’s word op die Parkieland webtuiste (www.parkieland.co.za) afgelaai, asook op facebook en flickr.
-
Dra kennis hiervan en kom bespreek dit asseblief indien u ongemaklik is hiermee. Ons verseker u dat dit baie goed bestuur word.
Speelgoed
-
Geen speelgoed mag saamgebring word nie.
-
Speelgoed raak weg, breek en veroorsaak onenigheid.
-
Indien van die skool se speelgoed by die huis aankom, stuur dit asseblief terug.
GESUIWERDE WATER
-
Elke klas het ‘n waterstaander wat gesuiwerde water vrylik beskikbaar stel aan ons kleuters.
-
Vir hierdie diens vra ons ‘n eenmalige bydrae van R130.
Medies
-
Kleuters met aansteeklike siektes, wat koorsig is of kopluise het mag nie die skool bywoon nie.
-
Indien u kleuter vir meer as twee dae afwesig is, moet u ons asseblief van ‘n doktersbrief voorsien.
-
Kleuters wat antibiotika gebruik moet vir 2 skooldae tuis bly.
-
Alle medisyne moet by die klasonderwyseres ingehandig word en in die medisyneboek aangeteken word, hoewel ons slegs medisyne in uitsonderlike gevalle wil ontvang vanweë die veiligheidsaspek met die kleuters.
-
Medikasie vir allergieë, bv. bysteek moet deur u voorsien word.
-
Om te verseker dat ons u in ‘n noodgeval vinnig kan opspoor, moet alle veranderings van huis-, sel-, en werktelefoonnommers so spoedig moontlik by die klasonderwyseres aangemeld word.