Nasorgdienste
PARKIELAND NASORGSENTRUM
-
Tye: Vanaf 12:45 – 17:30
-
‘n Aansoekvorm moet voltooi word.
-
Kleuters mag nie na 17:30 gehaal word nie - ‘n boete van R100 sal daagliks gehef word.
-
Middagetes asook ‘n laatmiddag toebroodjie word voorsien aan die kleuters wat voldagingeskryf is.
-
Die vierjarige- en vyfjarige kleuters rus vir ‘n uur na middagete. *Matrassies, kussings en komberse word deur die skool voorsien.
-
Die 2–3 jariges ontvang toesig in die Lammetjieklas, en rus vanaf 12:00 tot 13:15. *Alle beddegoed en matrassies word verskaf.
-
*Kleuters moet asseblief persoonlik by die nasorg-onderwyseres gehaal word.
*Gedurende die Covid-tyd bring kinders hul eie beddegoed. Ouers moet ook by die hek wag, die Naskoolpersoneellid bring die kinders hek toe.
VAKANSIESORG
-
Vakansiesorg is beskikbaar vir voldag-kleuters.
-
Uit ondervinding sien ons dat kleutertjies ook ‘n breuk in hulle dag-tot-dag skoolroetine benodig.
-
Tog is daar ouers vir wie dit nie moontlik is nie, en is u dan welkom om u kleuter vir vakansiesorg te registreer.
-
U kleuter moet vir elke vakansie geregistreer word.
-
‘n Registrasiefooi van R200 per kleuter per week sal gehef word.