2.1 netbal Passie.jpeg

Netbal

Netbal by Laerskool Menlopark is op sportgebied die vlagdraer van ons skool. Netbal word met passie afgerig en daardeur presteer ons spanne tot op die hoogste vlak. Op individuele vlak presteer ons speelsters verder deurdat hulle in Provinsiale spanne opgeneem word, om ook daar ons skool se naam uit te dra. Afrigtingskursusse word deur die afrigters vir hulle onderskeie spanne gereël, sodat ons met die nuutste vaardighede en denke, verder kan uitbou aan ons suksesse. Ons speel in die A-liga, teen skole met dubbel ons getalle en behaal daar, telkemale, die 1ste plekke.