redenars

-
Leerders word vanaf graad 1 blootgestel aan die vaardigheid om te redeneer.
-
Nuusperiodes in die grondslagfase is bekend vir terugrapporteer, dink en redeneer.
-
Leerders kry die geleentheid om tydens saalperiodes oor skoolaktiwiteite terug te rapporteer.
-
Redenaarswerksessies word intern vir leerders en ouers aangebied, waarna redenaarsuitdunne plaasvind.
-
Gemsbokkie-aand is die spesiale geleentheid waar leerders in graadverband hul redevoering op kompetisiebasis doen.
-
Super 12–deelname en Radikale Redenaars bied verdere geleentheid tot deelname.
-
Leerders kan vorder tot ATKV-deelname en interskole kompetisies. Redevoering vind ook in Engels plaas. Graad 6- en 7-leerders kry die geleentheid om aan die Abe Bailey-tweetaligheidskompetisie deel te neem.