Seniorfase Akademie
Afrikaans
Afrikaans is die taal van onderrig en word as huistaal aangebied. Deelname aan redenaars individueel en in span verband word aangemoedig.
Engels
Engels word as ‘n addisionele taal op ‘n hoë vlak aangebied.
Leerlinge neem deel aan “English Public Speaking” en die “English Speech Festival”.
Wiskunde
Leerlinge kry die geleentheid om aan die AMESA-wiskunde kompetisie deel te neem.
Ekstra klasse word gratis aangebied.
Neem deel aan die Departementele Wiskunde Olimpiade.
Natuurwetenskap en Tegnologie (vorm saam 1 vak)
Elektroniese leer vorm ‘n integrale deel by die aanbieding van NW en Tegnologie.
Wetenskap Olimpiade.
Strukture, verwerking, stelsel en beheer / Gevallestudie / Beplanning en ontwerp / Uitstallings / Besprekings / maak van produkte
Sosiale Wetenskappe (SW)
SW bestaan uit Geografie en Geskiedenis. Albei afdelings word as aparte vakke aangebied. Dit kan deur verskillende onderwysers in dieselfde graad aangebied word. Die onderrigtyd is dieselfde vir albei vakke. Geografie en Geskiedenis se punte word apart op die leerlingverslag aangedui, maar word saam bereken om ‘n SW-punt te verkry.
Lewensvaardighede
Lewensvaardighede bestaan uit die volgende:
-
Skeppende kunste (Musiek, Dans en Drama).
-
Liggaamsopvoeding
-
Persoonlike en Sosiale welstand (teorie)
Inligtingstegnologie/Rekenaaropvoeding
Die skool beskik oor twee rekenaarsentrums.
Integrering met ander vakke word vanaf Graad 4 – 7 in die rekenaarsentrum gedoen.