Menlo%20(582)_edited.jpg

Skaak

Skaak is ‘n sport waar u kind die geleentheid kry om sy of haar vermoëns te ontwikkel, te dink en vooruit te beplan te ontwikkel. Dit versterk ook die geheue en wiskundige vermoëns.

Ons skool is bekend vir puik skaakprestasies. Ons spog met verskeie provinsiale en nasionale skaakspelers. Ons was al wenners van Super 12, Gauteng en D4 kampioenskappe en ons is gereeld ligawenners.