Skooltye

  • Aankomstyd:  vanaf 7:30 tot 7:45

  • Vertrektyd:  vanaf 12:45 tot 13:30

  • Daar is elke oggend ‘n onderwyseres aan diens vanaf 7:00 tot 7:30. 

  • Om 7:30 is al die onderwyseresse in hul klasse.

  • Kleuters wat slegs halfdag ingeskryf is verdaag om 12:45.

  • Die vergunning van ‘n wagklas is gemaak vir kleuters wat boeties of sussies in die laerskool het.  Die wagklas vanaf 12:45 – 13:30 is slegs vir hierdie kleuters.

  • Na 13:30 skakel die kleuters by ons eie nasorgsentrum in en nasorgfooie word gehef.

  • Die ingeskrewe naskool kleuters verdaag om 13:00 na die naskool.

  • Vakansies stem ooreen met die Gautengse skole.