Skooltye
-
Aankomstyd: vanaf 7:00 tot 8:30.
-
Daar is daagliks ‘n wagklas* vanaf 7:00 tot 7:30.
-
Vertrektyd: vanaf 12:30 tot 13:30 (halfdag). Naskoolure is 12:45 tot 17:30.
-
*Die rooi appelmannetjie wat aan die klas se naambord hang dui aan watter klas die vroëe klas is. Alle vroeë kleuters moet by die vroeë klas afgegee word. Geen kleuter/ouer mag in ‘n ander klas wag vir hulle klasonderwyseres nie. Die 2–3 jariges word by hulle eie klas afgegee.
-
*Om 07:30 is al die onderwyseresse in hul klasse, en sal hulle die kinders by die wagklas afhaal.
-
Teen 13:30 moet alle halfdagkleuters asseblief afgehaal wees.
-
Vakansies stem ooreen met die van Gautengse skole.