IMG_5972_edited.jpg

Swem

Laerskool Menlopark neem in die eerste en vierde kwartaal deel aan die swemliga. Ons neem ook aan “Friendly Friday” gala’s op Vrydae deel waarin ons poog om die eerste 6 swemmers in elke kategorie ‘n kans te gee om deel te neem.

Daar vind twee maal per jaar, in Januarie en September, interhuisgala’s plaas waar die uitslae gebruik word om spanne te kies om aan die liga swemgeleenthede deel te neem. Ons neem ook in September aan die Super 12 gala deel.