
Tennis
By Laerskool Menlopark ontgin en ontwikkel ons in samewerking met Marcay Cillie se Tennis Akademie Menlo se top tennisspelers.
Tans is daar 8 tennisspanne wat aan die Gauteng Noord-liga deelneem. Liga-wedstryde vind gedurende die eerste- en derde kwartaal plaas.
Skoolkampioenskappe vind plaas gedurende die tweede en vierde kwartaal en besorg vir elke tennisspeler sy of haar plek op die ranglys.
TEKKIE-TENNIS
Tekkie-tennis is slegs vir balvaardigheid en nie-formele tennisafrigting nie.
Leerders moet asseblief tekkies dra asook ‘n junior raket saambring.