verjaarsdae
-
‘n Verjaarsdag is ‘n groot gebeurtenis in die kleuter se lewe en daarom sal ons u kleuter op sy/haar verjaardag graag spesiaal wil laat voel. Verversings mag skool toe gestuur word, maar geen formele partytjies word in skooltyd by die skool gehou nie.
-
U is welkom om op die dag van u kleuter se verjaarsdag vir u kleuter “cup cakes” en ‘n klein verversingspakkie saam te stuur.
-
Bak-en-brou aktiwiteite is baie opvoedkundig en word sterk aanbeveel (reël asseblief vooraf met die klasonderwyseres om te hoor wat is aanvaarbaar).
-
Geen ballonne, “sherbet”, ysies of suigstokkies word toegelaat nie.